TEAMWORK MAKES THE DREAM WORK
Eleos se tema vir 2022 is “SAAM laat ons dit werk”. Ons kon reeds vanuit die staanspoor agterkom dat sukses die eindresultaat is van samewerking – EENDRAG MAAK MAG!

GHOLFDAG 2022
Op 26 Mei (na ‘n week van reën en yskoue temperature) het die sonopkoms ons begroet tydens Eleos se 24e jaarlikse gholfdag by Silverlakes Country Golf Estate. Hierdie dag, wat dien as een van Eleos se fondsinsamelingspogings, was weereens ‘n genotvolle ervaring vir die 120 gholfers wat hul staal kom wys het. Wapperende Eleos-baniere het al die manne en vroue welkom geheet. Die gholfers het ligdag reeds hul skoene en stokke gepoets, met een doel voor oë – om die minderbevoorregte mense in die Weste te seën met die fondse wat hierdie dag genereer. Sommiges was ook slaggereed om met ‘n prys of twee daar weg te stap.


Met sonsak het die prysuitdeling aan die beurt gekom. Paulo Azevedo het die spelers laat ontspan met sy kwinkslae, Eric Holm het ons gemotiveer om elke oomblik van die lewe te waardeer en Corlea en JD Mars het almal vermaak met hemelse musiek. Toe die gaste eers smul aan die 3-gang maaltyd, was die sharkies en sandies van vroeër iets van die verlede. Aan die uitslae was dit duidelik dat ‘n paar van die ernstige gholfers aan hul kortspel gewerk het en hoë verwagtinge gekoester het:
Die 4-bal van Bernard Swart, Corné de Klerk, Gustav Kraaij en Leon Klopper het as wenners uit die stryd getree, met Lizel Booysen, Michael de Jongh, Eddie Serton en Johan van Greune kort op hul hakke. Riana Venter, Liezl van der Merwe, Danelle van Rensburg en Annie Booyse het in die vroue-afdeling met die louere weggestap.
Hierdie ‘besige bye’van BusinessPrint het van kop-tot-toon dieselfde gelyk en is aangewys as die ‘best dressed’, asook die 4-bal van Infussion .Die manne van MVB het wel die keurders laat kopkrap met die eenheid van hul uitrustings.
‘n Jongeling, Janco van Heerden, het gewys dat hy nie ‘n tree terugstaan vir die ervare manne nie, en het weggestap as die man met die ‘longest drive’ op die 7de gat. Danelle van Rensburg het die longest drive vir die vroue gewen met ‘n barshou op die 2de gat. Die ‘nearest to the pin’ is deur Heinrich Klaasen ingepalm.
Ondanks die effek van Covid op gesinne, besighede en die ekonomie, was daar steeds ons getroue ondersteuners wat op verskeie maniere by die Eleos Gholfdag betrokke was en ons oorweldig het met hul ondersteuning. Ons het groot waardering vir elkeen wat sy/haar hand in hul sak gesteek het. Daar is bykans R 400 000 ingesamel wat Eleos sal aanwend om gees, siel en liggaam van ons Eleos-kliente (oud en jonk) in die Weste te voed. Hierdie fondse het reeds generasies gehelp om bo hul omstandighede uit te styg.
Baie dankie aan al die spelers en borge wat op hierdie manier teruggee aan die Eleos-gemeenskap. Ons kan getuig dat hierdie dag ‘n bemoedigende voorbeeld is van hoe sukses lyk as almal saamstaan en is geseën met ‘n heerlike sonskyndag en kompeterende gholf.
Ons sien uit daarna om almal weer in 2023 te sien! Volgende jaar is Eleos se 25e jaarlikse gholfdag en beloof om ‘n hele paar verrassings op te lewer!















SUCCESS STORIES
A DREAM CAME TRUE!
Paulinah (Lehlogonolo) Makola



Soms sien ons nie in ons leeftyd die saad wat opkom nie! Maar dan is daar oomblikke soos hierdie!
Die suksesverhaal van Lehlogonolo Paulinah Makola (Assistent: Laerskool Generaal Nicolaas Smit):
Paulinah is in Graad 3 deur die maatskaplike werker na Booysens-Naskool toe verwys. Hierdie stil, teruggetrokke klein dogtertjie het vir Marietha as ‘n moederfiguur gesien en het geleidelik uit haar dop begin kruip. Toe sy van die bus afklim na een van die kinderkampe het sy gesing: “Weet jy dat Jesus jou liefhet?” Hierdie oomblik was ‘n draaipunt in haar lewe. Sy het begin ‘mens’ word. By die Tiener-Naskool (onder leiding van Amalie) het haar mooi maniere en goeie gedrag uitgestaan. Nadat sy gematrikuleer het, voor die aanvang van haar studies ‘n jaar later, het sy twee maal per week by die naskool kom aanmeld om in die ander tieners se lewens in te ploeg.

Hierdie pragtige, jong vrou het met die naskool- juffrouens en kinders kom gesels om haar dankbaarheid te betuig:
“Tannies, I just want to say something:
To the tannies: I know on some days you may feel like ‘Is this really necessary?’. I know, because I have been there. I have also volunteered at Eleos, Booysens. But I want you to know that you people make a huge difference. Words will never be able to explain how grateful I am to Eleos. I believe I am who I am today because of that. I remember when I was still in Primary School and I joined the aftercare…
Joh! Life was very hard and I was depressed at the time. That is when they suggested I should attend counselling. I know tannie Lizelle, tannie Marietha…I know most of them. All of them have made such a great impact in my life.
To the aftercare kids: And to you too guys! I know you sometimes think ‘Aaah, why should we do all the work?’. But guys, please appreciate them. They are investing all their time in you so that you can become better people. When I was young like you, I never thought I would be here, but today – here I am. I am working here and I am a 3rd year law student. And I also graduated. I did office administration and I graduated. Now, I am studying law. Next year is my final year. So guys, please work hard, so that they may be proud of you. Remember, if you succeed, they will also be happy! They’ll say: “I know that kid. THAT girl was in my aftercare, THAT boy was in my aftercare!”
Guys, please promise to work hard. Someday I also want to meet you in court…when you are also a laywer, or a doctor. You all promise to work hard? Please look at those two tannies and say: “Thank you for everything. And thank God! He brought me here. He brought me here for a reason. Do not disappoint Him.”
DREAMS IN THE MAKING
Johan en Nadene


Die storie van twee jongmense wat opgestaan het en staande bly:
Johan en Nadine het mekaar in Hoërskool Tuine Tegnies ontmoet – albei uit gesinne met baie uitdagings. Hulle voorbeelde van ‘grootmens-wees’ was dikwels mense wat nie goeie keuses gemaak het nie. Johan het sy pa op ‘n jong ouderdom verloor en was vir ‘n tyd lank in ‘n kinderhuis. Hy was kwaad en gefrustreerd en het daarom self ook swak keuses begin maak. Hy het gekies om die kinderhuis eerder op ‘n vroeë ouderdom te verlaat as om aan te pas in die struktuur.
Terug by sy familie, het Johan besef dat hy ook nie daar inpas nie en hy het oor naweke en gedurende skoolvakansies begin werk om sy eie blyplek te kon bekostig. Hy het hard gewerk om sy doelwitte te bereik, maar was gereeld in die moeilikheid, omdat sy kwade gevoelens met tye die oorhand gekry het. Daar is aan Eleos se deur kom klop (by die Tiener-naskool en ook by Eleos se terapeut, Elize Visser). Johan het geleer om weer te vertrou, om mense naby aan hom toe te laat om hom te help.
Nadine het by haar eie gesin gebly, maar was vanuit die staanspoor baie onafhanklik. Sy het die goeie nagejaag en haar eie steunstelsels gevind. Sy het vir ‘n hele paar jaar by Kinder- Ligbediening ingeskakel in Danville, asook by Eleos se Tiener-geestelike bediening. Nadat sy die Eleos Kidz-kampe bygewoon het, het sy by die Eleos Tiener-naskool aangesluit.
Johan en Nadine het reeds van vroeg af in mekaar sin gekry en “gesin” ontdek. Hulle het mekaar ondersteun, mekaar vergesel na dokters en tandarts afsprake – twee kinders wat vir mekaar ‘grootmens’ moes wees. Hulle het albei op die leierraad van HTS Tuine gedien en was uitblinkers op sport en akademiese gebied.


Hulle het onbepland swanger geraak aan die einde van hulle matriekjaar en Nadine het haar drome opsy gesit om eers mamma te word. Die personeel van Eleos het hulle hande saamgeslaan en hul harte vasgehou – sou hierdie twee grootmens-kinders ‘okay’ wees?
Nadine het aangesluit by Eleos se Ouerondersteuningsgroepe vir mammas en babas na Lihan se geboorte en was van die begin af ‘n natuurlike mamma – sy het haar baba gekoester en mooi versorg. Niks was ooit te veel gevra om sy mamma te wees nie!
Johan het begin werk om sy gesinnetjie te versorg. Dit het tyd geneem, maar deur harde werk, kon hulle ‘n eie blyplek bekostig, hulle eerste karretjie koop, en in 2021 het hulle verloof geraak.
Die Eleos-span het Wiskunde en Wetenskap klasse gereël, “data bundles” gedurende die Covid-grendeltydperk voorsien, dissiplinêre verhore, prysuitdelings, sportgeleenthede bygewoon en was ook by Lihan se Babatee! Dit is die Eleos-personeel se voorreg om hierdie twee jongmense te kon help ontwikkel.
‘n Tydjie gelede stop Johan een oggend onverwags by die kantoor: Hy wil net kom dankie sê en vra of hy iets kan terugploeg om ander by Eleos te help. Nadine stuur ‘n boodskap om te sê sy dat sy begin werk het en sy wil dankie sê – dankie vir alles wat die tannies van Eleos vir hulle gedoen het en hulle geleer het. Dit het haar en Johan gehelp om beter keuses te maak.
Trots en eindelose dankbaarheid spoel oor my oor hierdie twee jongmense wat ons toegelaat om hulle te help. Ek besef net weer eens hoe verskillend sukses dikwels vir verskillende mense lyk – ons kyk deur verskillende lense na die lewe.
Sukses vir party is groot karre en huise, vir sommiges is dit om baie vriende te hê, vir ander om universiteit toe te gaan. Kyk ek na hierdie twee kinders, besef ek onomwonde:
Sukses is hoe jy opstaan! Sukses is dankbaarheid! Sukses is om nooit op te hou droom nie!
Dié twee droom groot! Nadine wil haarself graag as onderwyser of sportafrigter bekwaam, terwyl Johan hoop om so gou moontlik te begin studeer en sy kwalifikasie as dieselwerktuigkundige te verwerf.
Indien jy jongmense wil help opstaan, kontak asseblief vir Annalie:
Tel: 082 408 0518 / annalie@eleos.co.za
en dra by tot ons BEURSFONDS om ons in staat te stel om nog mense soos Johan en Nadine te ondersteun.
SAVE THE DATES

