Nuus van Eleos | Eleos News

Die ELEOS gholfdag is elke jaar ‘n hoogtepunt op ons kalender! Ten spyte van COVID-19 beperkings en met talle voorsorgmaatreël, het ons voortgegaan.

Planting a seed is believing in tomorrow


Eleos Gholfdag 2021

Die ELEOS gholfdag is elke jaar ‘n hoogtepunt op ons kalender!

Ten spyte van COVID-19 beperkings en met talle voorsorgmaatreël, het ons voortgegaan.

Die lowergroen Silver Lakes gholfbaan, fantastiese weer en 132 entoesiastiese spelers was die palet vir ‘n perfekte dag. Ons tema: PLANT HOOP het almal teenwoordig laat besef dat die dag oor meer as net gholf gaan.

Soos oudergewoonte was daar pannekoek, geurige gebraaide wors, kleurvolle putjes, bederfpakkies en talle pryse. Spelers kon hierdie jaar “Mulligans” koop en het ywerig deelgeneem aan al die baankompetisies.

Met ‘n pizza en iets vir die dors, kon ons die dag op die klubhuisstoep afsluit.

Ons veiling was ‘n reuse sukses en as ons enigste fondsinsamelingsprojek vir die jaar het ons ‘n mylpaal bereik. Spesiale dankie aan Pieter Koen wat die gees en atmosfeer van die aand so feestelik gemaak het.

‘n Verdere hoogtepunt was Jo Black wat ons verras het deur ‘n konsert as veilingitem te gee. Almal het gebie op hierdie kans om vir Jo in aksie te sien. Ons opregte dank aan Jo!

Dankie aan elke speler, borg en vrywilliger wat deel was van die sukses.

Deur God se genade en voorsiening kon ons die dag afsluit met die wete dat elke saadjie van hoop wat op dié dag gesaai is, sal ontkiem en vrugte dra.

Tot 2022!

Groete, TINA Britz


Saadjies van Hoop

“Geen winter hou verewig; geen lente mis sy beurt.” – Hal Borland

Dit was ‘n lang en koue winter en selfs nou is die wind nog verrassend geniepsig, Maar die lente is hier in al sy prag en lewe kruip groen en skugter oral in die omgewing uit.

Dit was ook by Eleos ‘n tyd van vernuwing en hoop. Ons projekte deur die jaar het daarop gefokus om lewe en hoop te spreek. Lentedag was ‘n tyd om hoop uit te deel, wyer as ons Eleos-familie.

Naskole

Die drie naskole se kinders het vir Lentedag ‘n vetplantjie van hulle keuse in ‘n blikkie geplant en versier. Die kinders is aangemoedig om hierdie plantjie vir iemand te gaan gee wat ‘n saadjie in hulle lewens geplant het – ‘n juffrou, ‘n buurvrou, ‘n familielid. Die kinders het die projek met oorgawe aangepak en die Lentedag geskenkies was kreatief en pragtig. Ons het tussenin sommer bietjie geleer oor hoe om ‘n plantjie te plant en te versorg.

giGgles-damesgroep

Die Giggles-dames het koffie en koekies gaan uitdeel by die N.G. Kerk se inentingstasie. Dit was ‘n lieflike oggend en die dames het pragtig gelyk in hulle Lenterokke. Die lang rye het sommer baie korter gevoel na ‘n Cappucino en soet bederfie.

Agapé-damesgroep

“Reik uit na ‘n vriendin” was die tema vir die Agapé vroue se Vrouedag/Lentedag projek. Elke vrou het ‘n geblomde koppie met twee Cappucino-stokkies gekry en is aangemoedig om ‘n vriendin vir ‘n koppie koffie te nooi. Die boodskap: “Sterk vroue: mag ons hul ken, mag ons hul grootmaak, mag ons hul wees” is nie net bemagtigend vir ons vroue nie, maar ook ‘n teken van groei soos botsels van ‘n vrugteboom. Ons is opgewonde om te sien watter vrugte hierdie projek verder gaan dra.

Woman Alive

Die vroue by ons Woman Alive-groep het saam met hulle kleuters plantjies geplant en gaan hierdie plantjies by die huis versorg en sien groei. Dit vorm deel van die ouerleiding om ons kinders te leer om om te gee en ook die natuur te versorg.

Sopkombuis

Die hawelose persone wat ons Sopkombuis op ‘n meer gereelde basis bywoon, het briefies van dankbaarheid aan van ons borge geskryf.

Só kon hul ook vanuit die bitter min wat hul het, ietsie terug gee.

Hier by Eleos is dit vir ons belangrik dat ons gesinne leer om ook te gee, dat seisoene draai en dat mens deel wanneer dit met jou goed gaan, dat ons uitreik na ander en mekaar ondersteun.

Dit is wanneer ‘n mens gee, dat jy met dankbaarheid jou eie oorvloed raaksien en skielik is jy soveel meer bewus van die Lente met al sy gawes.


Join the Fun

3 Day MTB Stage Race

19 – 21 March 2022

Do not miss out on this fun-filled weekend!

Follow the link below for more info and bookings.

Koekies & Beskuit

Onthou om vroegtydig jul bestelling te plaas vir koekies en beskuit vanuit ons kombuis vir die Desember vakansie!!


Get a Card

What is MySchool MyVillage MyPlanet?

The MySchool MyVillage MyPlanet card raises funds for ELEOS every time you shop at partner stores. Partners, like Woolworths or Engen, make a contribution, on behalf of YOU toward ELEOS.
The system allows cardholders to make a difference without costing you a cent!

How does MySchool MyVillage MyPlanet work?
More than 1.2 million South Africans carry MySchool cards – it’s easy!
Apply for a free MySchool MyVillage MyPlanet card through the Get a Card button above and select ELEOS as a beneficiary. When you purchase items from participating retailers, swipe your card with each purchase and a percentage of your transaction will be donated to ELEOS. A statement of your transactions will be sent to you on a monthly basis. The MySchool MyVillage MyPlanet card is not a credit or debit card.

If you already have a card, you can add ELEOS as your beneficiary.

This website uses cookies to ensure you get the best experience on our website.