Skip to content Skip to footer

Werkskepping

genade in aksie

Die belang van Werkskepping

Wat is die doel van werk? Werk is fundamenteel tot die emosionele en finansiële welstand van ‘n mens. Dit is die grondslag waarop ons die lewe van onsself en ander definieer. Werk voorsien nie net finansies nie, maar verskaf ook ‘n persoonlike identiteit. Werk stel die werker in staat om ‘n verbruiker te wees , asook erkenning en agting te geniet. Dit help om ons mense se self-identiteit te transformeer.

genade in aksie

Eleos se 4 verskillende werkskeppingsinisiatiewe

Koekiekombuis

Icon

Koekiekombuis

Ons heerlike koekies en beskuit en lekkernye word vars gebak en handverpak in die Eleos-kombuis by die Gemeenskapsentrum in Wilhelmstraat. Ons baasbaksters kom uit die gemeenskap en verkoop hul produkte aan individue en maatskappye.

Kontakpersoon: Selesté Kotze  

Icon

Soap Opera

Where soap spells hope.Handgemaakte badprodukte, kerse, diffusers, mansprodukte (Real Men Do), en babaprodukte (Divas & Darlings) word by verskillende afsetpunte verkoop, sowel as by markte.

Kontakpersoon: Ina van Leeuwen

soap opera

Hope Comforts

Icon

Hope Comforts

Hierdie projek maak warm komberse en piekniekkomberse. Komberse word uitgedeel aan ons kliënte en word ook gemaak op bestelling.

Kontakpersoon: Natasha van Tonder 

Icon

PeakPals

Hierdie projek bestaan vir meer as ‘n dekade en is een van ons groot suksesverhale. Dames uit die gemeenskap is geleer hoe om die pieke / gholfpette te maak. Die pieke word by markte en toonaangewende gholfwinkels landwyd verkoop. Mettertyd het dit ontwikkel tot ‘n onafhanklike projek.’n Spesifieke kleur of handelsmerk kan bestel word.

Kontakpersoon: Riana Karemaker   

Peakpals

Maak 'n Verskil

Bemagtig ons,
Bemagtig jou gemeenskap

Die bestaan en groei van ons projekte is afhanklik van skenkings.

WAARVAN HOU JY DIE MEESTE IN JOU PROJEK?

“OM DEEL VAN ‘N “COMMUNITY” TE WEES. OM VIR ‘N KLEIN RUKKIE UIT DIE HUIS TE WEES EN TUSSEN ANDER MENSE TE WEES. DIT HET GEHELP DAT EK EEN VAN MY DOELWITTE BEREIK”

Annarie

Ouerleiding - AGORA-FOBIE LYER

WAARVAN HOU JY DIE MEESTE IN JOU PROJEK?

“DIE SAMEKOMS VAN MENSE EN OM TE DEEL IN DIE
GEES EN DIE GESELLIGHEID”

Lucas

Man Alive

WHAT DO YOU ENJOY AT THE AFTERCARE CENTRE?

“THERE IS PEACE, JOY AND HELPFUL AND LOVING ASSISTANCE”

Hope (17)

Teenage Aftercare Centre

WHAT DO YOU ENJOY AT THE AFTERCARE CENTRE?

“THE TANNIES HELPING US TO DO OUR WORK. I LIKE TANNIE NASTASJA”

Chantell

Booysens Aftercare

Wat het jy geleer by Eleos wat jv met ander wil deel of wat jou ‘n beter mens gemaak het?

“Ek is deur my seer tyd ondersteun. My troue was ‘n Blessing, julle het my daarmee gehelp. Nou is ek gedoop en beweeg nader aan God”

Elize

Giggles

WAARVAN HOU JY DIE MEESTE IN JOU PROJEK?

“OM SAAM MET MY VRIENDINNE TE WEES ELKE WOENSDAG, OM HIER TE WEES, IS ‘N ERVARING”

Anoniem

Agape

WAT HET JY GELEER BY ELEOS WAT JY MET ANDER WIL DEEL OF WAT JOU ‘N BETER MENS GEMAAK HET?

“DAT DAAR BAIE IS WAT IN DIESEFLDE BOOT AS JY GESIT HET EN BO UITGEKOM HET. DAAR IS HOOP!”

Lindi

Giggles

WAT HET JY GELEER BY ELEOS WAT JY MET ANDER WIL DEEL OF WAT JOU ‘N BETER MENS GEMAAK HET?

“Alle kinders verskil, moenie jou kind vergelyk met ander kinders nie”

Louise

Pienkvoete