Skip to content Skip to footer
Genade in Aksie

Wie is ELEOS?

ELEOS is ‘n geregistreerde, nie-winsgewende organisasie. Eleos ondersteun reeds sedert 1998 gesinne in Pretoria-Wes.  Ons bou persoonlike verhoudings in al ons groepsprojekte en programme. Ons voorsien bystand aan minderbevoorregte kinders en hulle families deur middel van verskillende behoefte-gerigte programme. Alle programme en projekte is daarop gemik om ‘n gemeenskap te bemagtig om hulself te help. Ons handhaaf Christelike normes en waardes.

Eleos se 7 pilare van opheffing verseker ‘n beter toekoms

Eleos help ‘n gemeenskap om hulself te help. Ons het ‘n sistemiese benadering wanneer ons met gesinne werk en die dienste wat ons aanbied maak dit moontlik om gesinsprobleme op verskillende vlakke aan te spreek. Ons dien en help  vanuit ‘n Christelike perspektief. 

Icon

Voedingskema

Voedselnood in Pretoria-Wes is 'n ernstige krisis. Ons help gesinne met 'n laer inkomste deur maandelikse kospakkies te verskaf.
Leer Meer
Icon

Bemagtiging

Ons span van maatskaplike werkers en terapeute adresseer diverse interpersoonlike en sosio-emosionele behoeftes.
Leer Meer
Icon

Gesinsbehoud

Ons bied ouerleiding- en lewensvaardigheidsprogramme vir moeders en volwassenes.
Leer Meer
Icon

Kinderontwikkeling

In ons sorgsentrums, kampe en skole skep ons 'n veilige, gesonde ruimte vir kinders om te ontwikkel en te leer.
Leer Meer
Icon

Geestelike Ontwikkeling

Bybelstudie en gebed is die kern van ons projekte en uitreike, waar ons God se genade en hoop deel.
Leer Meer
Icon

Werkskepping

Ons help mense met ID's, CV's, vaardighede, en gesinsbegrotings.
Leer Meer
Icon

Studiehulp

Ons ondersteun jongmense met beurse en bied beroepsvoorligting vir skoolleerders en volwassenes.
Leer Meer
Maak 'n Verskil

Bemagtig ons, Bemagtig jou gemeenskap

Die bestaan en groei van ons projekte is afhanklik van skenkings.

Statistieke
2023

Voedingskema

Etes verskaf
0

Gesinsbehoud

Klere / Meubels uitgedeel
0

Werkskepping

Items Verkoop
0

Kinderontwikkeling

Assesserings en Terapiesessies
0

Bemagtiging

Groepsessies en Berading
0

Studiehulp

Naskoolsessies
0

Geestelike Ontwikkeling

Onmeetbaar
+ 1
genade in aksie

Raak Betrokke!

Daar is baie projekte waarby jy as ‘n borg betrokke kan raak, OF rol jou moue op en kom help as vrywilliger.

WAARVAN HOU JY DIE MEESTE IN JOU PROJEK?

“OM DEEL VAN ‘N “COMMUNITY” TE WEES. OM VIR ‘N KLEIN RUKKIE UIT DIE HUIS TE WEES EN TUSSEN ANDER MENSE TE WEES. DIT HET GEHELP DAT EK EEN VAN MY DOELWITTE BEREIK”

Annarie

Ouerleiding - AGORA-FOBIE LYER

WAARVAN HOU JY DIE MEESTE IN JOU PROJEK?

“DIE SAMEKOMS VAN MENSE EN OM TE DEEL IN DIE
GEES EN DIE GESELLIGHEID”

Lucas

Man Alive

WHAT DO YOU ENJOY AT THE AFTERCARE CENTRE?

“THERE IS PEACE, JOY AND HELPFUL AND LOVING ASSISTANCE”

Hope (17)

Teenage Aftercare Centre

WHAT DO YOU ENJOY AT THE AFTERCARE CENTRE?

“THE TANNIES HELPING US TO DO OUR WORK. I LIKE TANNIE NASTASJA”

Chantell

Booysens Aftercare

Wat het jy geleer by Eleos wat jv met ander wil deel of wat jou ‘n beter mens gemaak het?

“Ek is deur my seer tyd ondersteun. My troue was ‘n Blessing, julle het my daarmee gehelp. Nou is ek gedoop en beweeg nader aan God”

Elize

Giggles

WAARVAN HOU JY DIE MEESTE IN JOU PROJEK?

“OM SAAM MET MY VRIENDINNE TE WEES ELKE WOENSDAG, OM HIER TE WEES, IS ‘N ERVARING”

Anoniem

Agape

WAT HET JY GELEER BY ELEOS WAT JY MET ANDER WIL DEEL OF WAT JOU ‘N BETER MENS GEMAAK HET?

“DAT DAAR BAIE IS WAT IN DIESEFLDE BOOT AS JY GESIT HET EN BO UITGEKOM HET. DAAR IS HOOP!”

Lindi

Giggles

WAT HET JY GELEER BY ELEOS WAT JY MET ANDER WIL DEEL OF WAT JOU ‘N BETER MENS GEMAAK HET?

“Alle kinders verskil, moenie jou kind vergelyk met ander kinders nie”

Louise

Pienkvoete