Projekte
Projects
NAAM VAN PROJEK / PROJECT NAME | DOELWIT VAN PROJEK / PROJECT OBJECTIVE | TEIKENGROEP / TARGET GROUP | INHOUD VAN PROJEK / PROJECT CONTENT | AANBIEDINGSTYE / TIMES | BEOOGDE VERSKIL IN GEMEENSKAP / THE DIFFERENCE THE PROJECT MAKES |
---|---|---|---|---|---|
Giggles | Lewensvaardigheids-ontwikkeling / Life-skills development. | Vroue 20 – 45 jaar oud / Women 20 — 45 years old | Emosionele ontwikkeling Kreatiwiteitsontwikkeling Geestelike ontwikkeling Selfbeeld ontwikkeling / Emotional, creative, spiritual and self-esteem development | Woensdae oggende 9h00 – 12h00 / Wednesday from 09h00 — 12h00 | Bemagtiging van vroue om ‘n sterker rol in die gemeenskap in te neem as Ma, vrou, vriendin en potensiële werknemer / Empowering women to play a stronger role in the community as a mother, wife, girlfriend and employee. |
ECD (Ouerleiding en Pienkvoete) | Ontwikkeling van ouerlike vaardighede / Parental Skills Development | Mammas van enige ouderdom / Moms of any and all ages | Ouerondersteuningsgroepe Pienkvoet stimulasie klasse vir mammas met babas / Parental support group for moms with babies | Dinsdae en Donderdae 09h00 – 12h00 / Tuesday and Thursday from 09h00 — 12h00 | Fokus op die spesifieke behoeftes van ma’s t.o.v hulle huweliksverhouding, verhoudings met hulle kinders, om hulle kinders as ouer te kan begelei en versorg, hulp met positiewe opvoeding en dissipline / Focus on the specific needs of mothers regarding their marital relationship, relationships with their children. Teach them to be able to guide and care for their children as a parent, help with positive education and discipline. |
Babaterapie | Mypaal ontwikkeling / Milestone Development | Babas en kleuters / Babies and toddlers | Arbeidsterapie & Spraakterapie vir optimale ontwikkeling / Occupational and Speech Therapy for Optimal Development | Woensdae 9h00 – 12h00 (terwyl mammas by groepe is) / Wednesday from 09h00 — 12h00 (at the same time as the ECD group) | Om uitvalle vroeg reeds te identifiseer en te verwys. Om ouers te begelei om kinders se potensiaal optimaal te ontwikkel. Die kinders word ook voorberei om kleuterskool toe te gaan / To identify and establish milestones early on. To guide parents to optimally develop children's potential. Prepare the children for nursery school. |
Agapé | Emosionele & Geestelike ondersteuning vir ouer vroue / Emotional and spiritual support for older women | Vroue bo 45 jaar oud / Women older than 45 years | Geestelike berading Ontwikkeling van sosiale vaardighede, emosionele volwassenheid en ‘n gesonde selfbeeld / Spiritual counselling, development of social skills and emotional maturity. | Woensdae 09h00 – 11h00 / Wednesday from 09h00 0 11h00 | Emosionele ondersteuning vir vroue wat dikwels alleen en sonder ‘n ondersteuningsisteem funksioneer – skep ‘n plek van behoort / Emotional support for women who often function alone and without a support system. To create a place of belonging. |
Genl Nic Smit naskool | Terapeutiese ondersteuning en hulp met huiswerk / Therapeutic support and help with homework | Kinders in Nic Smit wat uit moeilike huislike omstandighede na ons verwys word / Children in Nic Smit who come from difficult domestic circumstances | Huiswerk hulp Lewensvaardigheid groepe Terapeutiese kleingroepe Individuele terapie Ondersteuning aan die gesin Om seker te maak die kind ontvang ten minste een ete per dag / Help with homework, life skills groups, small therapeutic groups, individual therapy, family support, provide at least one meal a day to the children. | Maandae tot Donderdae 13h15 – 16h15 / Monday to Thursday from 13h15 — 16h15 | Voorkomingsgerig om statutere optrede te voorkom. Gesinne te bemagtig om hulle probleme aan te spreek op ‘n positiewe manier. Kinders te bemagtig om die kring van armoede te oorwin. Werkskepping – 2 poste vir mense wat in omgewing woon / Dedicated to preventing statutory actions, empower families and children to overcome the cycle of poverty, and create two jobs for people living in the area. |
L/s Booysens naskool | Huiswerk hulp vir kinders met beperkte huislike omstandighede. Blootstelling aan nuwe ervarings / Helping children with limitations to complete their homework and experience new things. | Kinders wat ‘n plek nodig het om huiswerk te doen in L/s Booysens / Children who need a place to do their homework. | Huiswerkhulp Vaardigheid ontwikkeling Lewensvaardigheid groepe Terapeutiese kleingroepe / Help with homework Skill development Life skills groups Small therapeutic groups | Maandae tot Donderdae 13h15 – 16h15 / Monday to Thursday from 13h15 — 16h15 | Leer gerig, die kinders se behoefte verskil van die ander naskool deurdat hulle nie beskik oor die infrastruktuur tuis om hulle werk te doen nie. Huiswerk ondersteuning is die hoof doel, maar sou die kind terapie benodig is die sisteem in plek om vaardighede te ontwikkel en trauma te hanteer. Werkskepping – 2 poste vir mense wat in die omgewing woon / Learning-oriented programme for children who don’t have the infrastructure at home to complete their homework. Homework support is the main goal, but should the child need therapy the system is in place to develop skills and deal with trauma. Create two jobs for people living in the area. |
Tiener naskool | Huiswerk hulp vir kinders met beperkte huislike omstandighede. Motivering om skool klaar te maak. Emosionele ondersteuning en hulp vir kinders in moeilike omstandighede / We help children with their homework and provide them with the motivation to finish school. We are also there for children who need emotional support. | Tieners in die omgewing wat ‘n veilige, rustige plek benodig om huiswerk te doen (verskillende hoërskole) / Teenagers who need a safe and quiet place to do their homework. | Huiswerkhulp Hulp met take en projekte Loopbaanbeplanning Lewensvaardigheidsgroepe Blootstelling aan nuwe ervarings Emosionele ondersteuning waar nodig Terapie waar nodig / Help with homework, projects, career planning and life skills. We also provide emotional support and therapy when needed. | Maandae tot Donderdae 14h00 – 16h30 / Monday to Thursday from 14h00 — 16h30 | Die kinders hier word gemotiveer om meer van hulle lewens te maak as wat hulle dink hulle omstandighede toelaat. Die rustigheid en stabiliteit van die naskool bied ‘n veilige hawe wat die kind motiveer om so ver te vorder as wat sy potensiaal hom/haar toelaat / Our children are motivated to make the most of their their lives. The after school programmes provide a safe and tranquil environment where they can push themselves to reach their full potential. |
Algemene berading | Trauma ontlonting. Individuele terapie Huweliksberading “Life coaching” Loopbaanbeplanning / Trauma counselling Individual therapy Marriage counselling Career planning | Volwassenes en tieners / Adults and teenagers | Individuele beradingsessies word geskeduleer en word ‘n terapeutiese pad gestap met die klient en die groter gesinsisteem waar moontlik. Toetse vir tieners om hulle belangstelling en potensiaal te bepaal / Individual counselling sessions are scheduled and a therapeutic path is taken with the client, and the larger family system where possible. Tests for teens to determine their interests and potential. | Maandae tot Woendae Kantoorure / Mondays to Wednesdays during office hours | Mense wat die geleentheid gegun word om hulle persoonkike bagasie te verwerk is meer gesonde individue en beinvloed hulle gesinsisteme positief wat ‘n invloed het op die groter gemeenskap. Loopbaanbeplanning vir tieners help hulle om gemotiveerd te wees om verder te studeer/ spesifieke vaardighede te bekom wat hulle loopbaangeleenthede verbreed / People who are given the opportunity to process their personal baggage are more healthy individuals and positively influence their family systems. Career planning for teenagers helps them to be motivated to further their studies / acquire specific skills that broaden their career opportunities. |
Vervoer | Oplaai van donasies Vervoer van kliente na van ons groepe Aflaai van meubels vir kliente. Koekie aflewerings / Transporting donations, furniture and members of the community their group sessions. | Donateurs Groeplede Kliënte van ons koekie kombuis / Donators, group members, our own clients and the cookie kitchen | Die drywer ry sy ritte volgens sy weeklikse program / The driver plans his trips as needed according to the weekly schedule | Maandae tot Vrydae Kantoorure / Monday to Friday during office hours | Dit is ‘n werkskeppingsgeleentheid – die persoon wat aangestel word kom uit die gemeenskap. Sinvolle en verantwoordelike verspreiding van donasies wat deur borge geskenk word. Die Koekiekombuis is ‘n werkskepping-projek vir vroue in die gemeenskap / The focus is on job creation as the person we hire comes from the underprivileged community. It relies on the meaningful and responsible distribution of donated goods. The cookie kitchen provides employment for local women. |
Man Alive | Om ‘n vashouplek te skep vir mans wat op straat beland het om die Here te leer ken en weer op hulle voete te kan kom / To create a foothold for men who have ended up living on the street where they can get to know the Lord. | Mans op straat / Homeless men | Geestelike ondersteuningsgroepe Individuele berading Aanspreek van fisiese behoeftes (kos en klere) / Spiritual support groups, individual counselling, and taking care of physical needs | Woensdae 14h30 – 15h30 / Wednesday from 14h30 — 15h30 | Om vir mans wat niks het nie ‘n geleentheid te gun om die Here te leer ken, vastrapplek te kry en hulle lewens te probeer verander sodat hulle weer kan struktuur aan hulle eie lewens gee / To give men who have nothing an opportunity to get to know the Lord, gain a foothold and try to change their lives. |
Woman Alive | ‘n Geestelike ondersteuningsgroep vir vroue wat nie Afrikaans magtig is nie / A spiritual support group for women who are not proficient in Afrikaans. | Vroue wat nie Afrikaans magtig is nie / Women who are not proficient in Afrikaans. | Geestelike ondersteuningsgroepe Individuele berading Ouerleiding / Spiritual support groups, individual counselling, parental guidance | Vrydae 13h30 – 15h30 / Friday from 13h30 — 15h30 | Om die evangelie te deel met vroue wat nie Afrikaans magtig is nie Om hierdie vroue ook in hulle ouerskap te begelei en te bemagtig sodat die gemeenskap Ouerleiding met die vroue begin eersdaags (Botswadi kursus) / To share the gospel with women who are not proficient in Afrikaans. To guide and empower these women with good parenting so that it will filter to the community. |
Koekie kombuis | Werkskeppingsgeleentheid vir vroue in die omgewing / Job creation for women in the area | 4 werksgeleenthede / 4 job opportunities | Bak en verpak koekies op bestelling/ Bake and pack cookies to order | Maandae tot Vrydae in kantoorure / Monday to Friday during office hours | Werkskepping vir 4 vroue op ‘n permanente basis. Tydelike geleenthede wanneer daar baie bestellings is en meer vroue benodig word / Job creation for 4 women on a permanent basis. Temporary opportunities when there are many orders and more women are needed. |
Stoorkamers | Werkskeppingsgeleentheid vir 1 persoon uit die gemeenskap. Uitsorteer en verantwoordelike uitgee van donasies wat ontvang word / Job creation opportunity for 1 person from the community. Sort out and responsibly issue donations received. | 1 werksgeleentheid. Die donasies is beskikbaar volgens behoefte vir alle kliente wat gereeld by die groepe inskakel / 1 job opportunity. Donations are available according to need for all people who regularly join the groups | Goedere word ontvang, uitgesorteer en in stoor verpak. Kliente kan een maal per week die winkel besoek met behoeftes / Goods are received, sorted and packed in storage. People can visit the store once a week with needs. | Maandae tot Donderdae oggende (stoor werk) Vrydae oggende - Winkel / Monday to Thursday mornings (packing and storing), Friday morning (at the store) | Aanspreek van groeplede se fisiese behoeftes Ekstra goedere word ook goedkoop aangebied vir nie-lede wat dit kan aankoop en weer teen ‘n wins verkoop (werkskepping) / Addressing group members' physical needs. Extra goods are also offered cheaply to non-members who can buy them and sell them again at a profit (job creation) |
Kospakkies | Voedselnood aan te spreek / Addressing food shortages | Groeplede wat gereeld inskakel en wat kwalifiseer vir hulp / Group members who call in regularly and who qualify for help | Kospakkies volgens gesins-grootte en behoefte (omstandighede word maandeliks hersien) / Food packages according to family size and need (circumstances are reviewed monthly) | 1 x per maand / 1 x per month | Voedselnood word aangespreek, veral in gesinne met kinders en waar oumense nie ‘n bron van inkomste het nie / Food shortages are addressed, especially for families with children and where the elderly do not have a source of income. |
Noodkospak-kies | Voedselnood / Food Shortage | Persone wat nie inskakel by groepe / People who do not join groups | Eenmalige hulp. Persone word verwys na groepe / One-time help. People are referred to groups | Soos nodig/ As needed | Persone se onmiddelike nood word verlig en geleentheid bestaan om hulle na groepe te verwys vir verdere dienst / A person’s immediate need is alleviated and there is an opportunity to refer them to groups for further services. |
Wilhelm straat toesig | Opsigterspos (werkskepping) / Supervisor position (job creation) | Beskikbaarheid van beperkte dienste na ure / Availability of limited services after hours | |||
Market straat toesig | Opsigterspos (werkskepping) / Superintendent (job creation) | Beskikbaarheid van beperkte dienste na ure / Availability of limited services after hours | |||
Werkskepping | Tans nog in die pyplyn / Currently still in the pipeline | Beoog groente verwerking projek om mense in die gemeenskap te bemagtig om selfversorgend te wees, maar moet eers ‘n perseel daarvoor bekom / Aims for vegetable processing project to empower people in the community to be self-sufficient, but must first acquire premises for it. |
|||
Soap Opera | Werkskeppingsgeleentheid vir vroue in die omgewing / Job creation for women in the area | Werksgeleenthede / Job opportunities | Maak en verpak badprodukte om te verkoop/ Make and pack bath products to sell | Maandae 8h00 – 12h00 / Mondays 8h00 — 12h00 | Werkskepping vir vroue op ‘n permanente basis. |
Sopkombuis | Voedselnood / Food Shortage | Enige persoon wat voedselnood ervaar / Anyone experiencing food shortages | Groter gemeenskapsprojek saammet ander organisasies wat hande in Covid gevat het om 3 maal per week ‘n warm ete te voorsien vir mense op straat of gesinne wat swaarkry / Larger community project with other organisations that have joined hands in Covid to provide a hot meal 3 times a week for people on the street or families in need | Maandae, Woensdae en Vrydae 11h00 – 12h30 / Monday, Wednesday and Friday from 11h00 — 12h30 | Voedselnood Om mense na die bestaande projekte te verwys vir verdere dienste / Food shortage. To refer people to existing projects for further services. |
Kinderkampe | Om kinders bloot te stel aan nuwe ervaringe / To expose children to new experiences | Kinders in die laerskool naskole / Children in primary school | Kampe fokus op terapeutiese groepe, lewensvaardigheid groepe en sommer net lekker pret en plesier / Camps focus on therapeutic groups, life skills groups and just plain fun and enjoyment. | 2 – 3 maal per jaar / 2 - 3 times a year | Om kinders bloot te stel aan nuwe ervaringe. Geleentheid te skep om nuwe vaardighede aan te leer. Kinders van vaardighede te voorsien om die trauma wat hulle tuis mag ervaar te hanteer. Vakansieprogramme (dagprogramme met spesifieke temas word vir die jaar vir elke naskool beplan) / To expose children to new experiences. Create opportunities to learn new skills. Provide children with skills to deal with the trauma they may experience at home. Holiday programmes (day programs with specific themes are planned for the year for each after-school programme) |
Ander: Ouerleiding reeks vir ouers verwys uit gemeenskap/ ander projekte | ‘n Diens aan die gemeenskap om mense te bemagtig om beter ouers te wees / A service to the community to empower people to be better parents | Ouers wat verwys word deur die hof, statutere organisasies of uit eie projekte / Parents referred by the court, statutory organisations or from own projects | 10 sessie gefokus op verhoudingsbou, positiewe dissipline en die beskerming van my kind / 10 sessions focused on relationship building, positive discipline and protecting their child | 1 reeks per kwartaal op Vrydagoggende 9h00 – 11h00 / 1 series per term on Friday mornings 09h00 - 11h00 | Ouers word dikwels verwys vir ouerleiding, maar is daar bitter min geleenthede beskikbaar. Enige persoon kan dit bywoon – geen koste daaraan verbonde. So ‘n ouer wat wil word die geleentheid gebied om te verander en te verbeter / Parents are often referred for parental guidance, but there are very few opportunities available. Anyone can attend - no cost involved. Aimed at parents who want to be given the opportunity to change and improve. |
Ander: Terapeutiese dienste vir kinders | Kinders uit die gemeenskap, sowel as uit ons projekte word gehelp om hulle trauma te verwerk / Children from the community as well as from our projects are helped to process their trauma | Laerskool kinders Kleuters Tieners / Toddlers, primary school children and teenagers | Terapie vir kinders wat deur trauma geraak en ontwrig is / Therapy for children affected by trauma. | Per afspraak / Per session | Gesonde kinders funksioneer beter, maak beter keuses en kan hulleself beter handhaaf in moeilike situasies / Healthy children function better, make better choices and can maintain themselves better in difficult situations. |
Studente opleiding | Studente van die Universiteit van Pretoria word die geleentheid gegun om hulle praktiese opleiding binne die struktuur van ons programme te voltooi / Students of the University of Pretoria are given the opportunity to complete their practical training within the structure of our programmes. | UP studente wat arbeidsterapie, dieëtkunde en fisioterapie studeer en by die kliniek inskakel as deel van hulle curriculum / UP students who study occupational therapy, dietetics and physiotherapy and join the clinic as part of their curriculum. | Dit verander met elke groep. Die studente wissel elke 6 weke en elke groep moet ‘n gemeenskapsprojek aanbied. Die kliente wat by ons groepe inskakel word betrek by hierdie opleidingsgeleenthede / It changes with each group. The students change every 6 weeks and each group has to present a community project. The members who join our groups are involved in these training opportunities. | Groepe word 1 – 2 maal per week in elke siklus aangebied / Groups are presented 1 - 2 times a week in each cycle | Die studente kry die geleentheid om binne bestaande struktuur hulle praktiese werk te doen. Ons help hulle om die behoeftebepaling vinniger af te handel en sodoende meer tyd by die klient te spandeer en meer leerervaring op te doen. Die kliënt kry die voordeel van die groepsterapie / vaardigheid wat aangebied word / The students get the opportunity to do their practical work within the existing structure. We help them to complete the needs assessment faster and thus spend more time with the members and gain more learning experience. The member gets the benefit of the group therapy / skill offered. |
Booysens Beertjies | Eleos ondersteun Booysens Beertjies kleuterskool wat omsien na ons kleuters | ||||
Affie Kombuis | Eleos dra maandeliks by tot die Affie- Kombuis wat voedsame etes verskaf tydens skool verskaf aan behoeftige leeringe. |