DON’T MISS
THE EVENT of the year –
OUR
27th GALA EVENT

|
“Sometimes a short walk down memory lane is all it takes to appreciate where you are TODAY.” – Susan Gale As we reflect on 27 years of impact, we are deeply grateful for every step we’ve walked together — and every hand that helped us along the way. Your generosity has been the steady thread in our journey, making it possible for Eleos to support vulnerable families and children with dignity, care, and hope. Now, we invite you to walk with us once more — not just in memory, but into the future.
https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSd-qgm2OLMcyagihVy6FSEJ4Rbu5OSEjasO135NDgbVJmqxGw/alreadyresponded Together, we continue to make a difference — one step, one story, one life at a time. |
Golf Day 2025

GROOTfm se GROOTgee 2025






|
GrOOTgee-week saam met GrootFm Gee is nie net vir ander nie – dit voed ook jou eie gees. Wanneer jy gee, groei iets binne jou: dankbaarheid, empatie en vreugde. Dis iets wat jy nie op die rak kan koop nie, maar net deur liefde kan beleef. Eleos sê dankie aan Ilana, haar span en elke leerder wat hierdie ongelooflike projek ondersteun. |
Koekeloer-toer

|
‘n Reis wat elkeen van julle vir seker moet aanpak, is die bywoning van een van ons Koekeloer-toere. ‘n Besoek aan ons verskillende projekte, bring ‘n verskil in jou hart. In so mate, dat mens nie anders kan as om ‘n verskil te WIL maak nie. Die suksesstories wat voortvloei uit Eleos se onderskeie projekte, is een van die groot redes waarom Eleos vir jare kon kop bo water hou. Eleos groei, aangesien ons groot missie is om vissers van mense te maak. Hier word ook nie net vis uitgedeel nie; hier word elkeen geleer om self vis te vang. Kom kyk self! Ons volgende Koekeloer-toer is: Woensdag, 6 Augustus 2025. |
‘n Mussie vol liefde
Jare gelede het Lienkie stilweg begin om musse te brei en uit te deel aan dié wat dit die nodigste het. Mense het gehoor van haar liefdevolle werk en spontaan aangebied om te help. In 2018 hoor Lienkie van ELEOS en saam met ’n groepie vriendinne begin hulle musse, truitjies en serpe brei vir daardie winter.
Sedertdien het dit ’n jaarlikse poging geword om nóg meer kinders warm te hou – met elke lid van die groep wat hul eie rekord probeer verbeter. Vandag ontvang ELEOS tussen 600 en 700 handgemaakte items per jaar van hierdie besonderse groepie, bestaande uit vriendinne en pensioenarisse van Pretoria tot Modimolle. Party van die dames koop hul eie wol aan en ander word ondersteun deur borge wat Lienkie met liefde inspan.
Verlede week is die 2025-musse uitgedeel en sonder om te talm, is Lienkie en haar brei-vriendinne alreeds weer besig met diè vir 2026. Elke mussie, serp en truitjie wat hulle maak, is nie net ’n item van warmte nie – dis ’n bewys van sorg, tyd en toewyding.
DANKIE aan Lienkie en haar span wat die pad saam met ELEOS stap, ons hande hooghou en ons seën!

Help us by registering

|
What is MySchool MyVillage MyPlanet? The MySchool MyVillage MyPlanet card raises funds for ELEOS every time you shop at partner stores. Partners, like Woolworths or Engen, make a contribution, on behalf of YOU toward ELEOS. How does MySchool MyVillage MyPlanet work? |
Belastingvoordeel vir borge
Eleos is ‘n geregistreerde nie – winsgewende organisasie en kan Art 18 A sertifikate uitreik vir belastingaftrekking. Kontak gerus vir Hester: hester@eleos.co.za



